Visse (sterreteken)

Visse (Pisces)
Die astrologiese simbool van die Visse

Die Visse (Lat: Pisces) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 20 Februarie en 20 Maart gebore is. Dit is die twaalfde en laaste teken van die Diereriem.

Die Visse is een van die drie watertekens en vier beweeglike tekens. Dis ’n vroulike, negatiewe, introverte teken en is vergelykbaar met die Konyn van die Chinese diereriem.[1] Die tradisionele heerser van die Visse is Jupiter, en Neptunus het ná sy ontdekking bygekom as medeheerser.

Visse kom volgens die astrologie goed oor die weg met lede van die ander watertekens, Kreef en Skerpioen, asook met Bulle en Steenbokke.

  1. Theodora Lau, The Handbook of Chinese Horoscopes, pxxvii, Souvenir Press, Londen, 2005

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search